Goeie môre familie!

Ek groet u in die wonderlike Naam Jesus Christus, die Name bo alle name!
My naam is Beatrice Abels en ek wil graag my getuienis met julle deel. Ek is dankbaar dat ek nog gesond en geseend is, en hoop om dieselfde van julle te hoor.

Ons het twee van ons familielede aan covid19 verloor.
Dit was ‘n hartseer tyd vir ons familie, maar die Here het ons in hierdie tyd van rou gedra.
Omdat ek en my man in aanraking was met een van die famielielede, en ek om griep simtome begin kry het, moes ons ook getoets word toets vir die virus. Gelukkig was die uitslae negatief.

My dogter het ook die virus opgedoen.  Vrees en angtigheid het my beetgepak elke keer wanneer ek begin siek voel het. 
Ek het veral in die aand wanneer ek moet gaan slaap, n worstel stryd gehad met vrees en angs gehad.
Een aand toe ek kamer toe gaan om die Here te aanbid en stilte tyd saam met Hom deur te bring, het vrees my oorval. Ek het dit dadelik besef en die Heilige Gees het my oortuiging dat hierdie vreesagtigheid nie van die Here af is nie. Ek het dit dadelik geweier en teegestaan. Ek het voort gegaan om die Here te aanbid, en my fokus op Hom te sit.

Die volgende dag toe ek wakker word, het die Here in my oor gefluister; I Will Never Leave you Nor Forsake you….Ek was so gevul met dankbaarheid en vrede! Hierdie belofte van die Here het my rustig gemaak.

Ek kon elke keer as ek in ‘n situasie kom waar die vyand my met vrees wil aanval, na my Koning Pappa toe gaan en Hom herinner aan sy belofte. Ons kon vir ons bid, en haar aanmoedig om die Here te soek. Ons kon haar ook verser dat die Sy belofte; The Lord will never leave you Nor Forsake you! Sy het gesond geword, en ons gee God al die eer waarvoor.  Ons is ook dankbaar vir aldie gebeds groepe wat saam gebid het. Hou so aan! Gebed verander sake.

Ek en my man het ook nader aan mekaar en dìe Here beweeg deur elke aand vir ons land, families en vriende te bid. Ons staan saam en stem saam in ‘n eenheid om die Here se aangesig te soek!

Die Here is, en bly getrou.
Liefde groete!

 

We would love to hear from you