YouVersion® Bible Plans

Click on any PLAN below to subscribe and start a Bible plan today

Hoop vir die lewe

Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit ‘n verskil maak in my lewe as ek hoop het?

7 Dae van Deurbraak

Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

 

Wie Jy is

Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge wat ons definieer.

Wie is ek werklik? Aan watter standaarde moet ek myself meet? Wat sê God oor my?

Kom reis saam. Kom ons soek weer jou eie, unieke sprankel!

Deur Halrika Breytenbach

Alles gaan OK wees

Die lewe is vol verrassings met stampe en stote. Hierdie Bybel Plan kyk na verskillende maniere hoe ons oorwinning kan behaal oor hierdie storms. Daar is hoop en “Alles gaan OK wees” wanneer ons Jesus deel maak van ons elke dag lewe. Mag hierdie plan vir jou help om jou fokus op Jesus te plaas.  

 

Die Wapenrusting van God

In hierdie Bybel Plan kyk ons na die Wapenrusting van God. Baie mense trek die wapenrusting aan soos klere in die oggend uit gewoonte. Maar hierdie wapenrusting is meer as net kledingstukke. Dit is geestelik en ons kan dit elke dag in ons lewe uitleef deur te weet wat elke deel van die Wapenrusting beteken. Mag jy deur hierdie plan jou geestelike lewe so bou dat jy elke dag gereed sal wees wanneer die vyand jou aanval.

Ondersoek Jouself

Hierdie leesplan nooi jou uit tot eerlike selfondersoek voor God. Dit fokus nie net op wat ons doen nie, maar waarom ons dit doen. Deur die Skrif en refleksie, ontdek ons hoe motiewe ons lewens rig, hoe selfs regte dade verkeerde vrug kan dra en hoe God ons roep tot ’n lewe van integriteit en geestelike volwassenheid. Hierdie leesplan help jou om jou hart daagliks aan God oor te gee en te leef met motiewe wat Hom eer.

Wandel deur Johannes

Hierdie is ‘n lekker 4 weke plan waar ons deur die boek van Johannes lees. 

We would love to hear from you