Goeie Môre

My naam is Julane. Ek wil net dankie sê vir die gebed van Sondag. Yes, ek was die een met maagpyn / dikderm pyn. Ek gee net getuienis terug aan julle, as confirmation. Ek loop al met die pyn van verlede week Woensdag (17de Feb), en elke dag probeer ek maar iets anders met die pyn (julle weet mos, selfmedication). Deurlopend het dit net erger geraak, daardie permanente onderliggende pyn. (ek dink dis maar effek van stress op my dikderm)

Sondagoggend, by die huis, sê ek toe vir die Here. “Here, hierdie pyn is nou te erg, dis soos in aanhoudend, as ek sit of lê, dis net daar, Rudi bid mos vir mense se siektes en vir genesing, laat hy asb bid vir my pyn.” En nou ja toe, daar bid hy toe vir die een met maagpyn, Sondag, en yes, ek het sommer net geweet dis ek.

Die pyn het nie dadelik weggegaan nie, toe reken ek, my ongeloof is seker die ding, want Rudi het gebid, so die Here moes hom iets, laat voel het. Ek het gevra vir gebed, so die Here moes my hoor, maar tog is die pyn nog steeds hier. Toe neem ek die pad van, “n mens se liggaam” neem ‘n tydjie om te genees.

SO elke keer wat ek die pyn gevoel het, het ek dankie gesê dat die Here besig is om my liggaam te genees. Maandagoggend toe ek opstaan is die pyn weg!! En dit is nou nog steeds weg en ek weet dit sal weg bly, en ek het ongelooflike vrede / rustigheid in my gemoed.

So, as confirmation vir wat Rudi gebid het en as getuie van God se krag –  Is, Was en Bly die Here Die Groot Geneesheer!!!

We would love to hear from you