Hi Past, glo dit gaan goed ek wil net my getuie deel rondom 10des.
Oktober maand in 2022, toe kry ek ‘n email dat ek kan my krediet rekord verniet kan kyk. Ek moet net registreer en my telling is 25 uit 630 wat baie baie laag is. Finansiël gaan dit baie bad met ons op daai staduim met ons as gesin, kos kaste is leeg, krag is min ens.
Ons sit as gesin en gesels en die tiendes kom op wat ons nie gee nie, en net daar besluit ons om ons volle tiendes te gee. My seuns het intussen ‘n carwash begin om extra inkomste te maak om net deur die dag te kom. Ons maak ons somme, en belowe met die volgende inkomste ons volle tiende te gee wat R1500 is. Pastoor binne daai volgende 4 dae gee GOD ons daai R1500 terug deur mense wat ons bless! Ek het nog nooit so iets eervaar nie, voordat ons nog tiendes kon ingooi by die kerk die Sondag, toe gooi ons volle tiende in en van daar het dit al beter gegaan. Die seuns word van oral af gebel om motors te was en op een dag toe maak hulle R1200 wins met die carwash🙏
2de week in November toe kom die boodskap weer op ivm my krediet score en ek dink, ag nee wat is die kanse. Ek gaan kyk toe weer en my score het vanaf 26 tot 613 gespring ek kon dit nie glo nie. Gedink dis ‘n scam. Ek gaan toe na my bank toe om te vra dat hulle gou moet kyk wat my score is, pastor die assistent raak opgewonde, en sê: “mnr ons as die bank kan vir u baie aanbied u kan ‘n krediet kaart onmiddelik kry ens, en ek het toegang tot baie meer geld as ek belangstel. Ek kon dit nie glo nie, ons het net ‘n besluit gemaak om tiendes te gee en binne ‘n maand verander alles!! GOD gee my krediet waardigheid terug, my werkgewer gee my ‘n R5000 verhoging en dit gaan net beter met ons!!! Ek kon ‘n beter kar koop om met my shuttle besigheid aan te gaan en tot op hede seën GOD ons elke dag! Ek kan nie onthou wanneer laas ons siek, honger of niks gehad het nie. GOD seën ons elke dag!!!
As ek vir elke kind van GOD kan raad gee, asb ek smeek jou gee jou tiendes en kyk wat GOD vir jou doen ek hoop my getuie laat elke een wat dit lees bemoedig om tiendes te gee!
Dankie en Groete.
Shane Gardner & family